Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 5 AUGUSTUS 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

JEUG OP DIE LUG 2018 BEGIN OP WOENSDAG 8 AUGUSTUS 2018 IN GAUTENG

DIE SARL HF FOON KOMPETISIE VANMIDDAG

en

DIE SARL JD NAELLOOP OP 9 AUGUSTUS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

JEUG OP DIE LUG 2018 BEGIN OP WOENSDAG 8 AUGUSTUS 2018 IN GAUTENG

28 spanne van verskillende lande in IARU Streek 1 sowel as een jong radio amateur van Streek 2 sal in Suid-Afrika aankom vir die aanvang van YOTA 2018 op Woensdag 8 Augustus. Die geleentheid eindig op Woensdag 15 Augustus met almal wat deur die loop van die dag terugkeer. Die jongmense bespreek en deel idees oor amateur radio, leer nuwe vaardighede en maak natuurlik nuwe vriende.

Die program wat vir hierdie prettige week in Suid-Afrika beplan word, sal nie net fokus op die onderrig van individuele vaardighede nie, maar kyk daarna om die groep te bemagtig om mentors in hul eie lande te word. Die deelnemers sal 'n radio boustel bou, hulle sal bekendgestel word aan SDR, model CubeSats bou wat in die nabye ruimte geloods sal word, deelneem aan die bekendstelling en opsporing van 'n hoë-hoogte ballon wat verskeie ander radio toerusting aan boord dra en meer leer oor Vinnige Ontplooibare Amateur radio en hoe om amateur satelliete te werk. Benewens die amateur radio aktiwiteite, sluit die program vir die week 'n uitstappie na 'n wildreservaat in om die Afrika wild lewe en die Suid-Afrikaanse platteland te ervaar.

Die ZS9YOTA spesiale radiostasie sal vanaf 8 tot 15 Augustus op die lug wees op 160 tot 10 meter en deur die jong mense bedien word. QSL inligting sal op die ZS9YOTA QRZ.com bladsy geplaas word.

Baie dankie aan die radio amateurs wat reeds bygedra het tot die toekoms van amateur radio deur aan YOTA 2018 te skenk. Ons verwelkom enige bydraes wat via PayPal gemaak kan word op die webblad www.zs9yota.co.za of 'n EFT in die SARL rekening met jou roepsein en YOTA as verwysing.

DIE SARL HF FOON KOMPETISIE VANMIDDAG

Die SARL HF Foon Kompetisie word vanmiddag tussen 14:00 tot 17:00 UTC aangebied met aktiwiteit tussen 14 125 en 14 300 kHz; 7 063 en 7 100; 7 130 en 7 200 kHz; 3 603 en 3 650 en 3 700 en 3 800 kHz. Die uitruiling is 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001. Elke QSO tel 1 punt en jy kan punte eis vir elke area wat op elke band gewerk is, asook stasies wat op al drie bande gewerk is. Logstate in ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsommingsblad met die naam "my roepsein HF Foon" moet teen 13 Augustus 2018 per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za gestuur word. Lees asseblief die reëls in die 2018 SARL Blouboek voordat die kompetisie begin.

DIE INTERNASIONALE VUURTORING EN LIGSKIP NAWEEK

Die ILLW vind plaas oor die naweek van 18 en 19 Augustus en dit is nie 'n kompetisie nie. Volgens die inskrywingslys op https://illw.net/index.php, het Namibië twee vuurtorings geregistreer en Suid-Afrika het dertien vuurtorings wat vir die geleentheid geregistreer is. Kyk uit vir die Pelican Point-vuurtoring by Walvisbaai (NA0003), geaktiveer deur V51NAM en die Swakopmund-vuurtoring (NA0001) geaktiveer deur V51WW.

Vanaf die Weskus, sal die North Head-vuurtoring (ZA0029) deur ZS3VDK geaktiveer word en die South Head-vuurtoring (ZA0031) deur ZS3ZU geaktiveer word. Albei hierdie vuurtorings is by Saldanhabaai. Robbeneiland se Vuurtoring (ZA0008) word vanaf 17 tot 20 Augustus deur die ZS9V-span geaktiveer. Robbeneiland is ook IOTA AF-064 en ZSFF-0322. Vir die 21ste jaar in 'n ry, sal die Kaapstad ARS die Groenpunt-vuurtoring met ZS1CT aktiveer.

Die False Bay Amateurradioklub sal die Slangkop-vuurtoring (ZA0015) aktiveer deur ZS1FRC te gebruik. ZS1EZ en vriende sal die Nuwe en Ou Kaappunt-vuurtorings (ZA0013 en 14) aktiveer. Die Kaapse Radio-groep sal by die Kaap Hangklip-vuurtoring (ZA0010) as ZS1CRG wees. Die Overberg ARK, ZS1OAR, sal die Danger Point Vuurtoring (ZA0005) aktiveer. Met hul 70ste verjaardag, sal die Boland ARK die L'Agulhas-vuurtoring (ZA0011) met ZS70BAK aktiveer.

In die Oos-Kaap word die Kaap Recife-vuurtoring suid van Port Elizabeth (ZA0022) deur ZS2ABZ geaktiveer en die Donkin Reserve-vuurtoring in Port Elizabeth sal deur ZS2PE geaktiveer word. In KwaZulu-Natal sal die Highway ARK die Groenpunt-vuurtoring (ZA0018) as ZS5HAM aktiveer en die Durban ARK sal by die Cooper-vuurtoring (ZA0004) as ZS5D wees.

Daar is nog tyd om 'n vuurtoring te registreer en deel te neem aan hierdie geleentheid. Wat van die Umhlanga-vuurtoring noord van Durban?

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

DIE SARL JD NAELLOOP OP 9 AUGUSTUS

Die 2018 SARL JD Naelloop vind plaas op Donderdag 9 Augustus, Nasionale Vrouedag. Na 'n versoek in 2017, is die tyd van die Naelloop verskuif na die middag en sal van 12:00 tot 14:00 UTC op die lug wees. Foon aktiwiteit vind plaas tussen 7 063 en 7 100 en 7 130 en 7 200 kHz. Die uitruiling is 'n RS-verslag en JD of OM.

'n QSO tussen JD-stasies is 5 punte werd, terwyl 'n QSO tussen JD en OM-stasies 3 punte werd is en 'n QSO tussen OM-stasies 1 punt werd is. Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsommingsblad met die naam "My roepsein JD Naelloop," moet ingedien word teen 16 Augustus 2018 per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za.

KOMPETISIE UITSLAE

Drie logstate en ‘n kontrole logstate is ontvang vir die Winter QRP kompetisie gehou op 21 Julie 2018.

1ste die Wesrand ARK, ZS6WR
2de die Kaap Radio Groep, ZS6CRG
3de Eddie Leighton, ZS6BNE
En die kontrole logstaat - Mike Boatwright, ZS5MAB

Sestien logstate is ontvang vir die ZS2 Naelloop gehou op 22 Julie 2018. Dankie vir almal se deelname en die sertifikate sal binnekort uitgestuur word.

1ste Max Rossie, ZS5MAX - 73 Punte
2de Deon Fraser, ZS5DCF - 67 Punte
3de Jan Botha, ZS4JAN - 60 Punte
4de Woody Collet, ZS3WL - 59 Punte

Geluk aan die wenners!

KAAPSTAD AMATEURRADIOSENTRUM AJV

Die Kaapstad Amateurradiosentrum het op 28 Augustus hul 72ste AJV gehou en 46 lede het die vergadering bygewoon. Die nuwe komitee is as volg:

Voorsitter – Rob Bareham, ZS1SA
Onder Voorsitter – Noel Futter, ZS1FW
Sekretaris, Kommunikasie en Nuusbrief redakteur - Anne Bareham
Tesourier - Danny Blankenberg, ZS1BL
Bulletin Bestuurder -Tony Kahn, ZS1TK
Vergadering Logistiek - Paul Kennedy, ZS1PXK
Bate Bestuurder - Peter Cloete, ZS1PGC
WCRWG Verteenwoordiger / Klubhuis Sekuriteit - Paul Johnson, ZS1s
Vuurtoring Bestuurder / Klubhuis Onderhoud - John Ward, ZS1EQ
Klubvergadering Verslaggewer/Fotograaf/SOTA/Velddag/Jeug Inwyding - Chris Gozzard, ZS1CDG
Webtuiste/Blog - Nick Curwell, ZS1ZD

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar slegs 'n klein sonvlekkie sigbaar sonder enige potensiaal vir sonfakkels. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een gebruik vir die week. Amateurs kan moontlike goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die SARL HF Foon Kompetisie
8 tot 15 August – die 2018 YOTA Kamp hier in Suid-Afrika
9 Augustus – SA Nasionale Vrouedag en die SARL JD Naelloop
12 Augustus – Internasionale Jeugdag
13 Augustus – die sluitingsdatum vir SARL HF Foon logstate
16 Augustus – die sluitingsdatum vir JD Naelloop logstate
18 en 19 Augustus – die Internasionale Vuurtoring en Ligskip Naweek (ILLW) en die Pretoria ARK verskaf tydren kommunikasie by die Bronkorstspruit HMC
19 Augustus – die SARL HF Digitale Kompetisie en Wêreld Humanitêre Dag

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die SARL HF Foon Kompetisie word vanmiddag tussen 14:00 tot 17:00 UTC aangebied. Die uitruiling is 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001. Elke QSO tel 1 punt en jy kan punte eis vir elke area wat op elke band gewerk is, asook stasies wat op al drie bande gewerk is. Lees asseblief die reëls in die 2018 SARL Blouboek voordat die kompetisie begin.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003